Our innovative technology allows book publishers to effortlessly reach billions of mobile users with a highly optimized mobile book user experience, bridging the gap between publishing in print and publishing on mobile phones. You can now get a full book on your mobile. It is so easy to download. The books are placed alphabetically on seperate pages (select below).
Opvolg van die gewilde Groot gebedeboek – met kontemporêre en klassieke gebede, maar in kleiner, handiger formaat. Meestal twee gebede per dag – vir oggend- en aand-stiltetyd – met gepaste Bybelleesgedeelte en aangehaalde teks vir elke dag van die jaar. Gebede kan egter lukraak en na behoefte gelees word.
In die bundel haak Johan Smit by ’n aantal Bybelkarakters aan wat in sy eie lewe ’n beduidende rol gespeel het. Hy vertel hulle stories met sy eie storie so dan en wan in gedagte – ’n aantal stories waar dit donker was en waar God wonderbaarlik ’n verskil gemaak het.
Daar is sonder twyfel mense wat hulle smaak vir die Here en sy kerk verloor het. Maar die Here gee nie moed op met sy kerk nie. Hy het vir die kerk en elke gelowige 'n praktiese plan in gedagte waarin ons as gelowiges afgerond kan lewe en vrugte kan dra. Hierdie is nie slim praatjies nie, maar 'n eerlike ondersoek van die oorvloed Bybelgedeeltes oor geestelike volwassenheid.
Nuwe treffer deur Marzanne Leroux-Van der Boon, liefdesverhaal, maar ook met die tema van 'n jong kunstenaar se soeke na Jesus (Yeshua) binne die eietyds historiese raamwerk van politieke Palestyns-Israeli-konflik ingeweef.